6 Soos valleie wat uitgestrek is, soos tuine by ’n rivier, soos aalwyne geplant deur יהוה, soos seders langs die water;
7 water sal vloei uit sy emmers en sy saad sal by baie waters wees. Sy koning sal hoër wees as Agag en sy koninkryk opgelig!
8 Die Magtige God bring hom uit Mitzrayim uit, hy het lang horings soos ’n wilde bul (Aurogs); hy sal die nasies verteer wat teenoor hom staan en hulle bene breek en met sy pyle deurboor.
9 Hy het afgebuig, hy het gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is almal wat jou seën en vervloek is almal wat jou vervloek!”
10 Balak se woede het gebrand teen Bil’am en hy het sy hande saamgeslaan. Balak het vir Bil’am gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek en let op, jy het volgehou om hulle te seën; hierdie drie keer!
11 Vlug daarom nou na jou plek toe; ek het gedink om jou met groot eer te vereer, maar let op, יהוה het jou van verering af teruggehou.”
12 Bil’am het vir Balak gesê: “Het ek nie ook met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gepraat en gesê: