9 Hy het afgebuig, hy het gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is almal wat jou seën en vervloek is almal wat jou vervloek!”
10 Balak se woede het gebrand teen Bil’am en hy het sy hande saamgeslaan. Balak het vir Bil’am gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek en let op, jy het volgehou om hulle te seën; hierdie drie keer!
11 Vlug daarom nou na jou plek toe; ek het gedink om jou met groot eer te vereer, maar let op, יהוה het jou van verering af teruggehou.”
12 Bil’am het vir Balak gesê: “Het ek nie ook met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gepraat en gesê:
13 ‘Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan nie teen die opdrag van יהוה enige iets doen, goed of kwaad, uit my eie nie, maar wat יהוה sê, dit sal ek sê?’
14 Nou, let op, ek gaan na my mense toe. Kom, ek sal jou inlig oor wat hierdie volk jou volk sal aandoen in die dae wat kom.”
15 Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbarings van Bil’am, die seun van B’or en die Godsopenbaring van die man wie se oog oopgemaak is;