1 Terwyl Yisra’el in Sheetim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Mo’aviete
2 en dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi en die volk het geëet en neergebuig voor hulle gode.Ps 106:28
3 Yisra’el was verenig met Ba’al-P’or en die woede van יהוה het teen Yisra’el gebrand
4 יהוה sê vir Moshe: “Neem al die leiers van die volk en stel hulle bloot in die helder daglig voor יהוה sodat die brandende woede van יהוה van Yisra’el af weggedraai kan word.”
5 Moshe het vir die regters van Yisra’el gesê: “Elkeen van julle maak sy manne dood wat verenig is met Ba’al-P’or.”
6 Let op, een van die manne van Yisra’el het gekom en ’n vrou van Midyan tussen sy volksgenote ingebring, voor die oë van Moshe en voor die oë van die hele vergadering van die seuns van Yisra’el terwyl hulle huil voor die ingang van die Tent van Ontmoeting.