27 Hierdie is die families van die Z’vuluniete, volgens die van hulle wat getel is, sestig duisend vyf honderd (60 500).
28 Die seuns van Yosef, volgens hulle families was: M’nasheh en Efrayim.
29 Die seuns van M’nasheh was: van Makhir, die familie van die Makhiriete. Makhir was die vader van Gil’ad; van Gil’ad, die familie van die Gil’adiete.
30 Hierdie is die seuns van Gil’ad: van I’ezer, die familie van die I’ezriete; van Helek, die familie van die Helekiete.
31 Van Asri’el, die familie van die Asri’eliete; van Sh’khem, die familie van die Sh’khemiete;
32 van Sh’mida, die familie van die Sh’mida’iete; van Hefer, die familie van die Hefriete.
33 Tz’lofgad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar dogters. Die name van die dogters van Tz’lofgad was: Magla, No’ah, Hoglah, Milkah en Tirtzah.