49 van Yetzer, die familie van die Yitzriete; van Shillem, die familie van die Shillemiete.
50 Hierdie is die families van Naftali, volgens hulle families; die van hulle wat getel is, was vyf en veertig duisend vier honderd (45 400).
51 Hierdie is die wat getel is van die seuns van Yisra’el: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig (601 730).
52 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
53 “Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word, volgens die getal name.
54 Vir die wat baie is, moet jy ’n groter erfenis gee en vir die wat min is, moet jy ’n kleiner erfdeel gee. Elkeen moet sy erfdeel ontvang, volgens hulle wat van hom getel is,
55 maar die land moet deur die lot verdeel word, volgens die name van die stamme van hulle vaders moet hulle erwe.