13 Wanneer jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote bymekaargemaak word soos jou broer Aharon
14 omdat julle in die wildernis van Tzin, tydens die opstand van die vergadering, teen My opdrag gerebelleer het om My by die water as Afgesonderd voor hulle te behandel. Dit is die waters van M’rivat-Kadesh, in die wildernis van Tzin.”
15 Moshe het met יהוה gepraat en gesê:
16 “Laat יהוה, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
17 wat voor hulle uitgaan en voor hulle ingaan, wat hulle uitlei en wat hulle inlei sodat die vergadering van יהוה nie mag wees soos skape wat geen herder het nie.”
18 יהוה sê vir Moshe: “Vat vir Y’hoshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is en lê jou hand op hom
19 en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.