19 en laat hom voor die priester El’azar en voor die hele vergadering staan en stel hom aan voor hulle oë.
20 Jy moet sommige van jou outoriteit aan hom oorgee sodat die hele vergadering van die seuns van Yisra’el hom gehoorsaam sal wees.
21 Hy moet voor El’azar, die priester, staan dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die Teenwoordigheid van יהוה. Volgens Sy opdrag moet hulle uitgaan en volgens Sy opdrag moet hulle ingaan, hy en al die seuns van Yisra’el saam met hom, die hele vergadering.”
22 Moshe het gedoen soos יהוה hom beveel het: hy het Y’hoshua gevat en hom voor El’azar, die priester en voor die hele vergadering laat staan
23 en hy het hom die hande opgelê en hom aangestel soos יהוה deur die hand van Moshe beveel het.