1 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2 “Beveel die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Julle moet versigtig wees om My offers, My kos vir My offers, wat deur vuur gebring word, as ’n aangename geur vir My, op die vasgestelde tye vir My te bring’.
3 Jy moet vir hulle sê: ‘Dit is die offer deur vuur wat julle aan יהוה moet bring: twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek, dag na dag, as ’n voortdurende brandoffer.
4 Die een lam moet jy met dagbreek offer en die ander lam moet jy teen sononder offer;
5 met ’n tiende van ’n efa fyn meel as graanoffer, gemeng met ’n kwart hin uitgestampte olie.
6 Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה gebring.Deut 14:24-26