20 Hulle graanoffer moet fyn meel met olie gemeng wees: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle offer.
21 Jy moet een tiende van ’n efa offer vir elkeen van die sewe lammers
22 en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen.
23 Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.
24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.
25 Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.
26 Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.