23 Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.
24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.
25 Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.
26 Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.
27 Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram, sewe lammers in hulle eerste jaar
28 en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie tiendes vir elke bul, twee tiendes vir die ram,
29 een tiende vir elkeen van die sewe lammers