7 Die drankoffer daarby, moet ’n kwart hin wees vir elke lam. In ’n afgesonderde plek moet jy die sterk drank as offer tot יהוה uitgooi.
8 Die ander lam moet jy teen die aand offer; met dieselfde graanoffer as in die oggend en met die drankoffer daarby, moet jy dit offer; ’n offer, deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.
9 Op die Shabbatdag moet jy twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek en twee tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng en die drankoffer daarby bring;
10 dit is die brandoffer vir elke Shabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer daarby.
11 Aan die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek,
12 drie-tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke bul en twee-tiendes fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir die ram
13 en een-tiende fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.