32 op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
33 en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
34 en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
35 Op die agtste dag moet julle ’n feestyd hou; julle mag géén werk doen nie.
36 Julle moet as brandoffer, ’n offer, deur vuur, as aangename geur tot יהוה offer: een bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
37 en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
38 en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.