34 en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
35 Op die agtste dag moet julle ’n feestyd hou; julle mag géén werk doen nie.
36 Julle moet as brandoffer, ’n offer, deur vuur, as aangename geur tot יהוה offer: een bul, een ram, sewe lammers in hul eerste jaar, sonder gebrek
37 en hulle graanoffer en hulle drankoffer vir die bulle, die ramme en die lammers, volgens hulle getal, volgens die voorskrif
38 en een bokram as sondoffer, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer en drankoffer daarby.
39 Hierdie moet julle tot יהוה offer op julle vasgestelde tye, bo en behalwe julle geloftes en julle vrywillige geskenke, as julle brandoffer, julle graanoffer, drankoffer en vredesoffer.’”
40 Moshe het vir die seuns van Yisra’el alles gesê net soos יהוה Moshe beveel het.