26 die gordyne van die voorhof en die gordyn vir die ingang van die voorhof, wat rondom die tabernakel en die altaar is, sy toue en al die instrumente daarvan.
27 Vanuit K’hat het die familie van `Amram, die familie van Yitz’har, die familie van Hevron en die familie van `Uzi’el gekom. Dit is die families van K’hat.
28 Die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, wat die diens van die Afgesonderde plek gedoen het, was agt duisend ses honderd (8 600).
29 Die families van die seuns van K’hat moet kamp opslaan langs die tabernakel, aan die suidekant.
30 Die leier oor die vaders van die families van K’hat se huis is Elitzafan, die seun van `Uzi’el.
31 Hulle verantwoordelikheid was: die ark, die tafel, die lampstaander, die altare en die bybehore van die Afgesonderde Plek, waarmee hulle diens doen en die verdelingsgordyn en alles wat by die bediening daarvan hoort.
32 El’azar, die seun van Aharon, die priester, was die hoof van die leiers van die Leviete, die opsigter oor dié wat die diens van die Afgesonderde plek doen.