1 Moshe het met die hoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Hierdie is dit wat יהוה beveel het:
2 ‘Wanneer iemand aan יהוה ’n gelofte doen of ’n eed sweer waardeur hy homself tot iets verbind, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet alles doen wat uit sy mond uitgaan.
3 Wanneer ’n vrou aan יהוה ’n gelofte gedoen het of haarself tot iets verbind het terwyl sy jonk was in haar vader se huis
4 en haar vader van haar gelofte hoor of van die verbintenis waartoe sy haarself verbind het en haar vader oor haar stilgebly het, dan sal al haar geloftes staan en elke verbintenis waartoe sy haarself verbind het, sal staan,
5 maar as haar vader haar verbied op die dag dat hy daarvan hoor, sal geen van haar geloftes en verbintenisse waartoe sy haarself verbind het, staan nie en יהוה sal haar vergewe omdat haar vader haar verbied het.
6 As sy met ’n man sou trou terwyl haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig gesê is, waardeur sy haarself verbind het