10 Toe het hulle ook al hulle stede waarin hulle gebly het en al hulle kampe met vuur verbrand
11 en al die roof en al die buit gevat, mense en diere.
12 Hulle het die gevangenes, die buit en die roof na Moshe en El’azar, die priester en na die vergadering van die seuns van Yisra’el gebring, na die kamp in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden, oorkant Yerigo.
13 Moshe, El’azar, die priester en al die leiers van die vergadering het gegaan en hulle buitekant die kamp ontmoet
14 en Moshe was kwaad vir die offisiere van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, wat van die oorlog af gekom het.
15 Moshe het vir hulle gesê: “Het julle al die vroue gespaar en hulle laat lewe?Num 25:1-5 sodat daar ’n plaag was in die vergadering van יהוה.
16 Let op, hierdie vroue het, deur die raad van Bil’am, die seuns van Yisra’el teenoor יהוה laat oortree in die saak van P’or