13 Moshe, El’azar, die priester en al die leiers van die vergadering het gegaan en hulle buitekant die kamp ontmoet
14 en Moshe was kwaad vir die offisiere van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, wat van die oorlog af gekom het.
15 Moshe het vir hulle gesê: “Het julle al die vroue gespaar en hulle laat lewe?Num 25:1-5 sodat daar ’n plaag was in die vergadering van יהוה.
16 Let op, hierdie vroue het, deur die raad van Bil’am, die seuns van Yisra’el teenoor יהוה laat oortree in die saak van P’or
17 Maak daarom nou almal dood wat van die manlike geslag is onder die kinders en maak elke vrou dood wat ’n man geken het deur by hom te lê,
18 maar laat vir julleself al die vroulike kinders wat nie ’n man geken het deur by hom te lê nie, lewe.
19 Slaan kamp op buitekant die kamp vir sewe dae lank; elkeen wat ’n mens doodgemaak en elkeen wat aan ’n dooie geraak het; julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag reinig, julle en jul gevangenes.