43 die helfte wat aan die vergadering behoort het, was uit die kleinvee, drie honderd sewe en dertig duisend vyf honderd,
44 die beeste was ses en dertig duisend,
45 die donkies dertig duisend vyf honderd
46 en mense, sestien duisend.
47 Uit die helfte wat behoort aan die seuns van Yisra’el het Moshe gevat van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere; hy het dit aan die Leviete gegee wat die dienswerk by die tabernakel van יהוה doen, soos יהוה Moshe beveel het.
48 Die offisiere oor die duisende van die leër, die bevelvoerders oor duisend en die bevelvoerders oor honderd, het nadergekom na Moshe
49 en aan Moshe gesê: “U dienaars het die volle getal van die soldate opgeneem wat onder ons bevel was en daarvan word nie een vermis nie;