24 Bou stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee en doen wat julle belowe het.”
25 Die seuns van Gad en die seuns van Re’uven het met Moshe gepraat en gesê: “U diensknegte sal doen soos my meester beveel het.
26 Ons kinders, ons vroue, ons kleinvee en al ons vee sal daar wees, in die stede van Gil’ad,
27 maar u diensknegte sal oorgaan na die geveg, almal vir die oorlog bewapen voor יהוה, net soos my meester gesê het.”
28 Moshe het aangaande hulle aan El’azar, die priester, aan Y’hoshua, die seun van Nun en aan die hoof vaders van die stamme van die seuns van Yisra’el bevel gegee
29 en Moshe het vir hulle gesê: “As die seuns van Gad en die seuns van Re’uven saam met julle oor die Yarden trek, elke man bewapen vir die oorlog voor יהוה en die land voor julle uit onderwerp is, moet julle die land Gil’ad vir hulle as ’n besitting gee,
30 maar as hulle nie gewapend saam met julle oortrek nie, moet hulle tussen julle in die land Kena’an besittings verkry.”