38 Aharon, die priester, het volgens die opdrag van יהוה op die berg Hor geklim en daar gesterf, in die veertigste jaar nadat die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uitgekom het, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
39 Aharon was honderd drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40 Die Kena’anitiese koning van `Arad, wat in die Negev, in die land Kena’an gebly het, het gehoor dat die seuns van Yisra’el kom.
41 Hulle het van die berg Hor af weggetrek en in Tzalmonah gekamp.
42 Hulle het van Tzalmonah af weggetrek en in Punon gekamp.
43 Hulle het van Punon af weggetrek en in Ovot gekamp.
44 Hulle het van Ovot af weggetrek en in `Iyei-Ha`Avarim, by die grens van Mo’av gekamp.