14 Drie van die stede moet julle aan dié kant van die Yarden gee en drie moet julle in die land Kena’an gee, wat stede van beskerming sal wees.
15 Hierdie ses stede sal vir die seuns van Yisra’el, die vreemdeling en die besoeker onder hulle, as stede van beskerming dien sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het,
16 maar as hy hom slaan met ’n ystervoorwerp sodat hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.
17 As hy hom slaan met ’n klip in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood,
18 of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die hand, waardeur iemand kan sterf en hy sterf, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet tereggestel word tot die dood.
19 Die familiewreker van bloed moet self die moordenaar doodmaak; as hy hom teëkom, moet hy hom doodmaak.
20 As hy hom uit haat stamp of lê en wag en na hom gooi sodat hy sterf,