21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan sodat hy sterf, dan moet hy wat geslaan het, tereggestel word tot die dood; hy is ’n moordenaar; die familiewreker van bloed moet die moordenaar doodmaak as hy hom teëkom.
22 As hy hom egter skielik, sonder vyandskap, stamp of iets na hom gooi sonder om te lê en wag,
23 of as ’n klip waardeur iemand kan sterf, op hom val sonder dat hy hom sien sodat hy sterf terwyl hy nie sy vyand was of sy skade gesoek het nie,
24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het en die familiewreker van bloed, oordeel volgens hierdie wette.
25 So sal die vergadering hom wat manslag begaan het, red uit die hand van die familewreker van bloed en die vergadering moet hom laat teruggaan na die stad van beskerming waarheen hy gevlug het en hy moet daarin bly tot die dood van die hoofpriester wat met die afgesonderde olie gesalf is,
26 maar as hy wat manslag begaan het, ooit buitekant die grens van die stad van beskerming gaan waarheen hy gevlug het
27 en die familiewreker van bloed hom buitekant die grens van die stad van beskerming kry en die familiewreker van bloed die een wat manslag begaan het doodslaan, dan sal hy nie skuldig wees aan bloed nie,