23 of as ’n klip waardeur iemand kan sterf, op hom val sonder dat hy hom sien sodat hy sterf terwyl hy nie sy vyand was of sy skade gesoek het nie,
24 dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het en die familiewreker van bloed, oordeel volgens hierdie wette.
25 So sal die vergadering hom wat manslag begaan het, red uit die hand van die familewreker van bloed en die vergadering moet hom laat teruggaan na die stad van beskerming waarheen hy gevlug het en hy moet daarin bly tot die dood van die hoofpriester wat met die afgesonderde olie gesalf is,
26 maar as hy wat manslag begaan het, ooit buitekant die grens van die stad van beskerming gaan waarheen hy gevlug het
27 en die familiewreker van bloed hom buitekant die grens van die stad van beskerming kry en die familiewreker van bloed die een wat manslag begaan het doodslaan, dan sal hy nie skuldig wees aan bloed nie,
28 want hy moes in die stad van beskerming gebly het tot die dood van die hoofpriester, maar ná die dood van die hoofpriester mag die een wat manslag begaan het, teruggaan na die land van sy besitting.
29 Hierdie dinge moet vir julle ’n reël van oordeel wees in julle geslagte, in al julle blyplekke.