4 Die weidingsgrond van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe, ’n duisend el rondom wees.
5 Julle moet ook buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el, aan die suidekant twee duisend el, aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weidingsgrond van die stede dien.
6 Uit die stede wat julle vir die Leviete gee, moet julle ses stede aanstel as stede van beskerming, waarheen een wat manslag begaan het, kan vlug en daarby moet julle twee en veertig stede bysit.
7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet agt en veertig stede wees, hulle saam met hulle oop grond.
8 Die stede wat julle gee sal uit die besitting van die seuns van Yisra’el kom. Vanaf die groter stamme sal julle baie gee en van die kleiner, min. Elkeen sal sommige van sy stede aan die Leviete gee, volgens die erfenis wat elkeen kry.”
9 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
10 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle deur die Yarden in die land Kena’an ingaan,