6 Hierdie is wat יהוה aangaande die dogters van Tz’lof’gad beveel het deur te sê: ‘Laat hulle trou met wie ook al goed is in hulle oë, maar hulle moet trou net binne die families van die stam van hulle vader.
7 So sal die erfenis van die seuns van Yisra’el nie van stam tot stam oorgaan nie, want die seuns van Yisra’el moet elkeen die erfenis van die stam van sy vaders behou.
8 Elke dogter wat ’n erfenis kry, uit al die stamme van die seuns van Yisra’el, moet trou met een uit die families van die stam van haar vader sodat die seuns van Yisra’el elkeen die erfenis van sy vaders kan besit.
9 So sal dan ’n erfenis nie van een stam na ’n ander stam oorgaan nie, want die stamme van die seuns van Yisra’el moet elkeen sy erfenis vashou.’ “
10 Soos יהוה Moshe beveel het, so het die dogters van Tz’lof ’gad gedoen,
11 want Maglah, Tirtza, Hoglah, Milkah en No’ah, die dogters van Tz’lof ’gad, het getrou met die seuns van hulle vader se broers.
12 Hulle het getrou in die families van die seuns van M’nasheh, die seun van Yosef en hulle erfenis het gebly in die stam van die familie van hulle vader.