8 Elke dogter wat ’n erfenis kry, uit al die stamme van die seuns van Yisra’el, moet trou met een uit die families van die stam van haar vader sodat die seuns van Yisra’el elkeen die erfenis van sy vaders kan besit.
9 So sal dan ’n erfenis nie van een stam na ’n ander stam oorgaan nie, want die stamme van die seuns van Yisra’el moet elkeen sy erfenis vashou.’ “
10 Soos יהוה Moshe beveel het, so het die dogters van Tz’lof ’gad gedoen,
11 want Maglah, Tirtza, Hoglah, Milkah en No’ah, die dogters van Tz’lof ’gad, het getrou met die seuns van hulle vader se broers.
12 Hulle het getrou in die families van die seuns van M’nasheh, die seun van Yosef en hulle erfenis het gebly in die stam van die familie van hulle vader.
13 Hierdie is die opdragte en die wette wat יהוה die seuns van Yisra’el beveel het deur die hand van Moshe, in die vlaktes van Mo’av by die Yarden oorkant Yerigo.