4 Die seuns van Yisra’el het so gedoen en hulle buitekant die kamp uitgestuur, soos יהוה met Moshe gepraat het, so het die seuns van Yisra’el gedoen.
5 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
6 “Praat met die seuns van Yisra’el: as ’n man of vrou enige sonde doen, wat die mens doen uit ontrouheid teenoor יהוה en dié persoon is skuldig,
7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, erken en daarmee breek. Hy moet sy oortreding herstel en ’n vyfde deel daarvan bysit en hy moet dit aan dié een gee wat hy te na gekom het,
8 maar as die man geen familie het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word aan יהוה, dus aan die priester, bo en behalwe die ram van toedekking waarmee toedekking vir hom gedoen word.
9 Alle offers van al die afgesonderde geskenke van die seuns van Yisra’el wat hulle na die priester bring, sal syne wees.
10 Elkeen se afgesonderde geskenke moet syne wees: wat iemand ook al aan die priester gee, sal syne wees.”