8 maar as die man geen familie het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word aan יהוה, dus aan die priester, bo en behalwe die ram van toedekking waarmee toedekking vir hom gedoen word.
9 Alle offers van al die afgesonderde geskenke van die seuns van Yisra’el wat hulle na die priester bring, sal syne wees.
10 Elkeen se afgesonderde geskenke moet syne wees: wat iemand ook al aan die priester gee, sal syne wees.”
11 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
12 “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘As iemand se vrou wegdraai en ontrou is teenoor hom
13 en ’n man met haar gemeenskap het, maar dit is weggesteek vir die oë van haar man en sy is nie gevang nie en dit is onbekend alhoewel sy haarself onrein gemaak het en daar was geen getuie teen haar en sy nie betrap is in die daad nie,
14 as daar ’n gees van jaloersheid oor hom kom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar onrein gemaak het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haarself nie onrein gemaak het nie;