10 en op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die Tent van Ontmoeting, bring.
11 Die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer offer en vir hom toedekking doen vir wat hy as gevolg van die dooie gesondig het en hy moet sy kop op dieselfde dag afsonder.
12 Hy moet sy dae as Nazir aan יהוה toewy en ’n lam in sy eerste jaar as oortredingsoffer bring en die vorige dae is verlore omdat sy afsondering onrein gemaak is.
13 Dit is die wet van die Nazir: wanneer die dae van sy afsonderingskap voltooi is, moet hy na die ingang van die Tent van Ontmoeting gebring word
14 en hy moet sy offer aan יהוה bring: een lam, in sy eerste jaar, sonder gebrek, as brandoffer, een ooilam, in haar eerste jaar, sonder gebrek, as sondoffer, een ram, sonder gebrek, as vredesoffer,
15 ’n mandjie ongesuurde koeke, van fyn meel, gemeng met olie, ongesuurde platkoeke, met olie gesmeer en die graanoffer en die vredesoffers wat daarby hoort.
16 Die priester moet dit voor יהוה bring en die sondoffer en brandoffer vir hom offer