13 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;
14 een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;
15 een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;
16 een bokram, as sondoffer
17 en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Nagshon, die seun van `Amminadav.
18 Op die tweede dag het N’tan’el, die seun van Tzu’ar, die leier van Yissakhar, sy offer aangebied.
19 Vir sy offer het hy geoffer: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;