26 een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;
27 een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;
28 een bokram as sondoffer
29 en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Eli’av, die seun van Helon.
30 Op die vierde dag het Elitzur, die seun van Sh’de’ur, die leier van die seuns van Re’uven ’n offer aangebied.
31 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;
32 een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;