49 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;
50 een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;
51 een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;
52 een bokram as sondoffer
53 en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Elishama, die seun van `Ammihud.
54 Op die agtste dag het Gamli’el, die seun van P’dahtzur, die leier van die seuns van M’nasheh ’n offer aangebied.
55 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;