5 “Ontvang dit van hulle sodat dit gebruik kan word in die dienswerk van die Tent van Ontmoeting en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.”
6 Moshe het die waens en die beeste gevat en dit aan die Leviete gegee:
7 twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gershon gegee, volgens hulle dienswerk;
8 vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van M’rari gegee, volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester,
9 maar aan die seuns van K’hat het hy niks gegee nie, want die diens van die afgesonderde dinge het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.2 Sh’m 6:3,6-8,13
10 Die leiers het die inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is en die leiers het hulle offer voor die altaar aangebied.
11 יהוה het vir Moshe gesê: “Hulle moet hulle offers bring, een leier elke dag, vir die inwyding van die altaar.