67 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;
68 een goue pan van tien sikkels, vol reukwerk;
69 een jong bul, een ram, een lam, in sy eerste jaar, as brandoffer;
70 een bokram as sondoffer
71 en die offers as vredesoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme en vyf lammers in hul eerste jaar. Dit was die offer van Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai.
72 Op die elfde dag het Pag’i’el, die seun van `Okhran, die leier van die seuns van Asher ’n offer aangebied.
73 Sy offer was: een silwer bord, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwer kom van sewentig sikkels, volgens die sikkel van die Afgesonderde plek; altwee vol fyn meel met olie gemeng, as graanoffer;