10 Jy moet die Leviete voor die Teenwoordigheid van יהוה laat kom en die seuns van Yisra’el moet hulle hande op die Leviete lê
11 en Aharon moet die Leviete as waaioffer voor יהוה aanbied, namens die seuns van Yisra’el, om te kwalifiseer vir die diens van יהוה.
12 Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê en jy moet die een as sondoffer offer en die ander as brandoffer tot יהוה, om vir die Leviete toedekking te doen.
13 Jy moet die Leviete voor Aharon en sy seuns laat staan en hulle as waaioffer tot יהוה offer.
14 So moet jy die Leviete van onder die seuns van Yisra’el uit afsonder en die Leviete sal Myne wees.
15 Daarna mag die Leviete ingaan om in die Tent van Ontmoeting te dien, maar jy moet hulle reinig en hulle aanbied as waaioffer,
16 want hulle is volledig aan My gegee vanuit die seuns van Yisra’el; Ek het hulle vir Myself gevat in die plek van alles wat die baarmoeder open; al die eersgeborenes uit die seuns van Yisra’el,