17 want al die eersgeborenes onder die seuns van Yisra’el is Myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Mitzrayim neergeslaan het, het Ek hulle vir My afgesonder.
18 Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el gevat
19 en die Leviete as ’n geskenk vir Aharon en sy seuns, vanuit die seuns van Yisra’el, gegee om in diens van die seuns van Yisra’el in die Tent van Ontmoeting te dien en om toedekking te doen vir die seuns van Yisra’el sodat daar geen plaag mag wees onder die seuns van Yisra’el as die seuns van Yisra’el naby die Afgesonderde plek kom nie.”
20 So het Moshe, Aharon en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el met die Leviete gedoen volgens wat יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het; so het die seuns van Yisra’el met hulle gedoen.
21 Die Leviete het hulleself ook gereinig van sonde, hulle klere gewas en Aharon het hulle aangebied as ’n waaioffer voor יהוה en Aharon het toedekking vir hulle gedoen om hulle te reinig.
22 Daarna het die Leviete ingekom in die Tent van Ontmoeting om hulle dienswerk voor Aharon en sy seuns te doen; soos יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
23 יהוה het met Moshe gepraat en gesê: