19 Selfs wanneer die wolk vir baie dae oor die tabernakel bly, het die seuns van Yisra’el die leiding van יהוה waargeneem en nie weggetrek nie.
20 So was dit, as die wolk ’n paar dae oor die tabernakel bly, volgens die opdrag van יהוה, het hulle kamp opgeslaan en volgens die opdrag van יהוה, het hulle weggetrek.
21 So was dit as die wolk gebly het van die aand tot die oggend toe, as die wolk in die oggend opgelig is, het hulle weggetrek; of by dag of by nag, as die wolk opgelig word, het hulle weggetrek.
22 Of dit twee dae, ’n maand of ’n jaar was wat die wolk oor die tabernakel gebly het, die seuns van Yisra’el het in die kamp gestaan en nie weggetrek nie, maar as dit opgelig word, het hulle weggetrek.
23 Deur die opdrag van יהוה het hulle kamp opgeslaan en deur die opdrag van יהוה het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van יהוה gehou, deur die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe.