14 Hy sê vir hulle: “Vanuit die eter kom iets om te eet en uit die sterke kom iets soets.” Vir drie dae lank kon hulle nie die raaisel antwoord nie.
15 Toe het dit gebeur op die vierde dag dat hulle vir Shimshon se vrou gesê het: “Verlei jou man sodat hy die raaisel vir ons vertel, anders verbrand ons jou en die huis van jou vader met vuur. Het julle ons genooi om ons te verarm, of nie?”
16 Shimshon se vrou het voor hom gehuil en gesê: “Jy haat my net en het my nie lief nie; jy het ’n raaisel voor die seuns van my volk gelê en my nie vertel nie. Hy antwoord haar: “Let op, ek het dit nie vir my vader en moeder vertel nie, moes ek jou vertel?”
17 Sy het egter vir die sewe dae wat die feesmaal geduur het, by hom gehuil en op die sewende dag het hy haar vertel, want sy het hard druk op hom geplaas. Sy het toe die raaisel vir die seuns van haar volk vertel.
18 Op die sewende dag, voor sonsondergang, sê die manne van die stad vir hom: “Wat is soeter as heuning en wat is sterker as ’n leeu?” Hy antwoord hulle: “As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou julle my raaisel nie uitgevind het nie.”
19 Toe het die Gees van יהוה magtiglik oor hom gekom en hy het afgegaan na Ashkelon en dertig van hulle doodgemaak en hulle uitrustings gevat en die stelle klere aan hulle wat die raaisel vertel het gegee. Sy woede het gebrand en hy het opgegaan na die huis van sy vader.
20 Shimshon se vrou is egter vir sy metgesel gegee, wat sy vriend was.