10 Julle moet regverdige weegskale hê, ’n regverdige efa en ’n regverdige bat.
11 Die efa en die bat moet ’n vaste hoeveelheid wees sodat ’n bat ’n tiende van ’n homer bevat en die efa ’n tiende van ’n homer; hulle standaard sal wees volgens die homer.
12 Die sikkel moet twintig gerah wees; twintig sikkels, vyf en twintig sikkels en vyftien sikkels sal vir julle ’n maneh wees.
13 Dit is die offer wat julle moet offer: ’n sesde van ’n efa van ’n homer koring; ook ’n sesde van ’n efa van ’n homer gars
14 en die voorgeskrewe deel van olie: van ’n bat olie, ’n tiende van ’n bat uit ’n kor, dit is tien bat of ’n homer, want tien bat is ’n homer.
15 Een skaap uit ’n trop van twee honderd vanaf die waterdrinkplekke van Yisra’el; as graanoffer, brandoffer en vredesoffers om toedekking te doen vir hulle,” verklaar יהוה-God.
16 “Al die mense van die land moet aan die prins in Yisra’el vir hierdie offer gee.