1 Toe het hy my teruggebring na die deur van die huis en let op, water het van onder die drumpel van die huis, na die ooste toe, gevloei en die water het afgevloei van onder, van die regterkant van die huis af, vanaf suid van die altaar.
2 Hy het my uitgebring deur die Noordpoort en my aan die buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk en let op, water het gesyfer vanaf die suidekant.
3 Toe die man na die ooste uitgegaan het met ’n meetlyn in sy hand, het hy ’n duisend el gemeet en hy het my deur die water gelei en dit was enkel diep.
4 Weer het hy ’n duisend gemeet en my deur die water gelei en dit was op tot by die knieë. Weer het hy ’n duisend gemeet en my deur gelei en dit was op tot by die heupe.
5 Weer het hy ’n duisend gemeet en dit was ’n stroom wat niemand kon deurgaan nie, want die water het so hoog gerys en die stroom so sterk geword dat niemand kon deurgaan nie.