17 Luister goed na my woorde, neem ter harte wat ek te sê het:
18 Kyk, ek het my regsaak voorberei,ek weet dat ek reg het.
19 As iemand 'n saak teen my het,sou ek swyg en sterf.
20 U, my God, moet net twee dinge vir my doen,dan sal ek nie vir U wegkruip nie:
21 neem u straf van my af wegen moenie dat die skrik vir U my oorval nie.
22 “Roep my, en ek sal antwoord,of anders, laat ék praat en antwoord Ú my:
23 Hoeveel misdade en sondes het ek begaan?Wys my wat my oortredings en my sondes is!