1 Toe het Job weer gepraat:
2 “Ek kla nog steeds uit opstandigheid,ek kan nie ophou kla nie.
3 As ek maar geweet het waar om God te vind,sou ek na sy woonplek toe gaan
4 en my saak voor Hom lê,my pleidooie aan Hom stel.
5 Ek sou van Hom antwoord probeer kry,probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.
6 Hy sal tog nie met sy groot krag teen my 'n saak voer nie;Hy sal my dit nie aandoen nie,
7 want dit sou 'n opregte mens wees wat daar voor Hom pleiten ek sou vir altyd deur my Regter vrygespreek word.
8 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie,na die weste, ek kry Hom nie.
9 Sou Hy in die noorde aan die werk wees,ek vind Hom nie daar nie,sou Hy na die suide toe draai,ek sien Hom nie.
10 Hy ken my pad;as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
11 Ek volg Hom waar Hy gaan,ek hou op sy pad en draai nie af nie.
12 Sy bevel verontagsaam ek nie,ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.
13 Hy bly dieselfde, wie kan Hom teenstaan?Wat Hy wil, doen Hy.
14 Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen,wat sy planne met my ook al is.
15 Daarom staan ek vreesbevange voor Hom,ek probeer verstaan, maar ek bly Hom vrees.
16 God het my weerstand afgebreek,die Almagtige het my met angs vervul.
17 Maar in hierdie donkerte het ek nie stilgebly nie,in hierdie duisternis wat my oorval het.”