1 “Die mens, uit 'n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus.
2 Hy is soos 'n blom wat oopgaan en dan verlep,'n skaduwee wat verbygaan en nie stilstaan nie.
3 Dit is so 'n mens vir wie U in die oog hou,vir wie U in 'n regsgeding met U wil betrek.
4 Wie kan rein uit onrein laat voortkom?Niemand nie!
5 “Die mens se dae is vasgestel,U het die getal van sy jare bepaal,U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.
6 U moet van hom af wegkyk en hom met rus laattotdat hy soos 'n huurling sy dagtaak afgehandel het.