14 “As 'n mens sterf, sal hy weer lewe?Dan sou ek al die dae van my swaarkry kon wagtot daar vir my nuwe lewe kom.
15 Dan sou U my roep en ek U antwoorden sou U graag weer die maaksel van u hande wou sien.
16 Dan sou U elke tree tel wat ek gee,maar nie ag gee op my sonde nie.
17 Dan sou U my oortreding in 'n sak verseëlen my sonde toemaak.
18 Maar soos 'n berg in stukke breeken 'n rots uit sy plek losgeruk word,
19 soos water klippe verweer,'n wolkbreuk die grond wegspoel,so vernietig U die hoop van die mens.
20 U oorweldig hom vir altyd en hy verdwyn,hy kom te sterwe, U neem hom weg.