4 Wie kan rein uit onrein laat voortkom?Niemand nie!
5 “Die mens se dae is vasgestel,U het die getal van sy jare bepaal,U het dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.
6 U moet van hom af wegkyk en hom met rus laattotdat hy soos 'n huurling sy dagtaak afgehandel het.
7 Vir 'n boom is daar nog hoop;al is dit afgekap, kan dit weer uitloop,en sy lote sal aanhou groei.
8 Al word sy wortels oud in die aardeen al gaan sy stam dood in die grond,
9 spruit hy weer uit as hy net water ruik,en groei sy takke asof hy pas geplant is.
10 Maar die mens sterf en verdwyn,hy blaas sy laaste asem uit, en waar is hy?