1 Toe sê Elifas die Temaniet:
2 “Kan 'n verstandige man soveel onsin praat,so vol wind wees?
3 Kan hy hom verdedig met woorde wat niks sê nie,met 'n pratery wat niks beteken nie?
4 Maar jy maak selfs die eerbied vir God nutteloos,jy maak dit onmoontlik om iets in sy teenwoordigheid te sê.
5 Dit is jou sonde wat jou die woorde in die mond lê;daarom kies jy sulke slinkse woorde.
6 Nie ek nie, jou eie mond veroordeel jou,alles wat jy sê, getuig teen jou.
7 Is jy die eerste mens wat gebore is?Het jy vóór die berge in die wêreld gekom?