16 Wat hy drink, is soos slanggif,dit maak hom dood soos die pik van 'n adder.
17 Hy sal nie die strome water geniet nie,nie die strome heuning en dikmelk nie.
18 Wat hy met moeite verwerf het, moet hy teruggee,hy kan dit nie geniet nie,hy sal hom nie verlustig aan die weeldewat hy deur sy besigheid verkry het nie.
19 Hy verdruk mos die armes en los hulle net so,hy vat sommer vir hom 'n huis,hy bou dit nie self nie.
20 Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie,hy kom nie vry van sy hebsug nie.
21 Niks ontsnap sy vraatsug nie,daarom hou sy voorspoed nie stand nie.
22 Met sy oorvloed en al tref 'n ramp hom,kom die swaarkry met volle krag op hom af.