2 “Ontsteltenis dwing my om te antwoord,dit maak my haastig om te praat.
3 Ek hoor 'n teregwysing wat my beledig,maar ek wil verstandig daarop antwoord:
4 Weet jy wat vroeër gebeur het,van die tyd af toe die mens op die aarde geplaas is?
5 Jy weet tog dat die vreugde van die goddelose van korte duur is,dat die blydskap van die godlose net 'n oomblik duur?
6 Al sou sy trots tot in die hemel reiken sy kop aan die wolke raak,
7 sal hy soos sy eie uitwerpsel vir altyd vergaan.Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’
8 Hy verdwyn soos 'n droom, hy is nêrens te vind nie,hy raak weg soos 'n gesig in die nag.