12 Hulle sing met begeleiding van die tamboeryn en die lier,hulle is vrolik by die geluid van die fluit.
13 Hulle slyt hulle lewens in voorspoed,hulle gaan in vrede die doderyk binne.
14 Maar tog is dit hulle wat vir God sê: ‘Laat staan ons, ons weier om u wil te ken.
15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? Watter nut het dit om Hom te aanbid?’
16 “Maar hulle voorspoed is nie in hulle eie hande nie,daarom bly ek weg van die raad wat van goddeloses af kom.
17 Hoe dikwels word die lewenslamp van die goddeloses uitgedoof,kom 'n ramp oor hulle,laat God in sy toorn onheil oor hulle kom?
18 Hoe dikwels is hulle soos kaf voor die wind,soos stoppels wat weggewaai word deur die stormwind?