3 Die mens maak 'n einde aan die donker,hy soek erts in die diepste plekke, in die donkerste hoeke.
4 Hy grawe 'n skag waar niemand woon nie,op plekke waar niemand kom nie,ver van mense af hang hy en swaai hy.
5 Die aarde waaruit die voedsel kom,word daar onder oopgebreek met vuur.
6 Uit die klip van die aarde kom saffier,ook korreltjies goud.
7 Geen roofvoël ken daardie pad nie,die oog van 'n valk kan dit nie sien nie,
8 roofdiere loop nie daar nie,die leeu gaan nie daarlangs nie.
9 “Die mens bewerk die harde rots met sy hande,hy keer die dieptes van die berge om,